| |||||
| |||||
Leuse: senatvs popvlvsqve romanvs (Latyns vir: "Die Senaat en Volk van Rome") | |||||
Die Wes-Romeinse Ryk in sy grootste uitbreiding in 395 onder keiser Honorius. | |||||
Hoofstad | Milaan (286-402) Ravenna (402-476) | ||||
Taal/Tale | Latyn | ||||
Godsdiens | Romeinse mitologie (tot 380) Christendom (ná 380) | ||||
Regering | Monargie | ||||
Wetgewer | Senaat | ||||
Historiese tydperk | Middeleeue | ||||
- Verdeling van die Romeinse Ryk | 285 | ||||
- Troonafstand van Romulus Augustulus | 476 | ||||
Oppervlakte | |||||
- 395 | 2 000 000 km2 772 204 sq mi | ||||
Geldeenheid | Romeinse geldeenheid |
Stigting van Rome |
Die Wes-Romeinse Ryk (Latyns: Imperium Romanum Occidentale) het ontstaan met die laaste verdeling van die Romeinse Ryk in 395 onder die twee seuns van Theodosius I: Arcadius het vanaf Konstantinopel oor die Oos-Romeinse Ryk geregeer en Flavius Honorius het vanaf Milaan en later Ravenna oor die Wes-Romeinse Ryk geheers.
Die Wes-Romeinse Ryk het geëindig - afhangende van die perspektief - in Augustus 475 met die uitsetting van die laaste Wes-Romeinse keiser Julius Nepos, wat deur die Bisantynse Augustus Zenon erken is, deur die Wes-Romeinse bevelvoerder Orestes, in Augustus 476 met die afsetting van die jong usurpator en teenkeiser Romulus Augustus deur die Wes-Romeinse bevelvoerder Odoaker of in die jaar 480 met die moord van die in die provinsie Dalmatia gevlugte Julius Nepos, wat spyte van die uitsetting steeds as Augustus (keiser) van die Wes-Rome beskou het.
Met die einde van die Wes-Romeinse Ryk het in Wes-Europa nie 'n keiserryk meer bestaan nie, net die Oos-Romeinse of later Bisantynse Ryk het as enigste keiserryk in Europa in die vroeë Middeleeue bestaan. Net met die kroning van Karel die Grote deur Pous Leo III het weer 'n Wes-Europese keiserryk ontstaan, die Frankiese Ryk.